Koloniale Konferensie van Berlyn

Die Berlynse Konferensie van 1884-85, ook bekend as die Kongo Konferensie (Duits: Kongokonferenz) of Wes-Afrika Konferensie (Westafrika-Konferenz), het Europese kolonisasie en handel in Afrika gereguleer gedurende die nuwe imperialisme-tydperk en saamgeval met die skielike opkoms van Duitsland as 'n imperiale mag. Die konferensie is georganiseer deur Otto von Bismarck, eerste kanselier van Duitsland. Die uitkoms daarvan, die finale ooreenkoms van die Berlynse Konferensie, kan beskou word as die formalisering van die Stormloop vir Afrika (Duits: Wettlauf um Afrika Engels: Scramble for Africa). Die konferensie het 'n tydperk van toenemende koloniale aktiwiteite deur Europese magte ingelui, wat die meeste bestaande vorme van Afrika-outonomie en selfbestuur uitskakel of oorheers.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search